Die polisie het in ‘n groot deurbraak teen renosterstropery 50 vermeende stropers in ‘n twee maande lange operasie regoor die land gearresteer.
Beslag is op 13 renosterhorings en bykans 20 jaggewere gelê.
‘n Polisiewoordvoerder sê drie vermeende sindikate wat by renosterstropery betrokke is, is Maandag op Hoedspruit in Mpumalanga vasgetrek.
The post 50 renosterstropers in 2 maande vas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.