![Man (19) tronk toe vir ontvoering, verkragting](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Jail-17-150x150.jpg)
’n Jong man van Botshabelo buite Bloemfontein is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens verkragting.
Die 19-jarige Teboho Steven Lebusho is ‘n bykomende 30 jaar gevonnis weens roof.
Lebusho is gister in die streekhof in Botshabelo gevonnis weens die ontvoering en verkragting van ’n 34-jarige vrou.
Lebusho is ook ‘n bykomende drie jaar tronkstraf opgelê weens ontvoering.
Hy en drie ander mans het die vrou se man ook aangeval toe hulle oor ’n oop veld in Seksie C2 geloop het.
The post Man (19) tronk toe vir ontvoering, verkragting appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.