Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het in ’n besonder openhartige verklaring toegegee dat die regering bekommerd is oor hoe traag die ekonomie groei.
Dit kom nadat Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak het dat die land in ’n resessie is en dat die ekonomie in die eerste kwartaal met nul-komma-sewe persent ingekrimp het.
Gigaba gaan binnekort met sakeleiers vergader om te kyk na maniere waarop die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie gestimuleer kan word.
The post Gigaba erken regering bekommerd oor ekonomiese groei appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.