![Boer aangekla vir strafbare manslag](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Hof_1-72-150x150.jpg)
‘n Boer van Riversdal in die Wes-Kaap gaan van strafbare manslag aangekla word nadat ‘n ander boer in die hospitaal dood is nadat hy ‘n operasie vir ‘n gebreekte enkel ondergaan het.
Die twee boere het op 10 Februarie verlede jaar glo oor die instandhouding van ‘n watersloot baklei toe die een boer sy enkel gebreek het.
Die boer moet op 4 Julie in die landdroshof op Mosselbaai verskyn.
The post Boer aangekla vir strafbare manslag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.