Die Nelson Mandela Stigting het die jongste organisasie geword wat vra dat president Zuma in die belang van Suid-Afrikaners moet uittree.
Die voorsitter van die raad van trustees van die stigting, Njabulo Ndebele, het gisteraand in Johannesburg gesê sedert die omstrede wapentransaksie het korrupsie deur die ekonomie en die staatsdiens versprei.
Die Stigting sê hy steun die voorstel dat ‘n regterlike kommissie van ondersoek dringend aangestel word om staatskaping deurtastend te ondersoek.
The post Nelson Mandela Stigting vra Zuma moet uittree appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.