Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Ondersoek CPS se R1,1 miljard wins”

$
0
0

Die Demokratiese Alliansie gaan die minister van finansies, Malusi Gigaba versoek om ondersoek in te stel na die wins van R1,1 miljard van die maatskappy Cash Paymaster Services.

Dié maatskappy het ‘n kontrak met die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

Die DA sê dié wins is teenstrydig met die Konstitusionele Hof se bevinding dat CPS nie wins kan maak uit ‘n ongeldige kontrak nie.

Die elektroniese betalingsdiens, Net-One, gaan intussen sy uitvoerende hoof, Serge Belamant, R105 miljoen asook ‘n 14% premie van sy aandele betaal nadat hy ingestem het om te bedank.

Belamant se bedanking volg op omstredenheid oor die maatskappy se kontrak om maatskaplike toelaes aan 17-miljoen begunstigdes uit te betaal.

NetOne is die moedermaatskappy van Cash Paymaster Services.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

The post “Ondersoek CPS se R1,1 miljard wins” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!