![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/40B2DF1D00000578-4535338-image-m-136_1495571260203-24-150x150.jpg)
Minstens 80 mense is vanoggend vroeg in die Afgaanse hoofstad Kaboel dood en 350 ander beseer in ‘n kragtige motorbom ontploffing in die woonbuurt waar verskeie ambassades en die presidensiële paleis geleë is.
Die ontploffing het naby die Duitse ambassade plaasgevind en die meeste slagoffers was burgerlikes.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die terreuraanval aanvaar nie maar die Taliban of sogenaamde Islamiese Staat groep word van die aanval verdink.
The post 80 sterf in ontploffing in Kaboel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.