Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Heraanstelling van Molefe skep negatiewe beeld van ANC”

$
0
0
"Heraanstelling van Molefe skep negatiewe beeld van ANC"

Die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage van die NWU, sê die
omstredenheid oor Brian Molefe se heraanstelling by Eskom dui op ernstige
uitdagings vir die ANC.

Die ANC se sekretaris in Noordwes, Dakota Legoete, gee toe dat hulle nie bewus was dat Molefe nog aan Eskom verbonde was toe hulle hom as parlementslid benoem het nie.

Hulle is ook onkant betrap toe hulle hoor dat Molefe as LP bedank het.

Duvenhage sê dit skep `n negatiewe beeld van die ANC, en dui op die probleme wat die leierskap in dié provinsie ondervind.

Die ANC in die Parlement het intussen in `n skerp bewoorde verklaring te
velde getrek teen die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown en die Eskom-raad oor die heraanstelling van Molefe.

Die raad en Brown het gister voor die Parlement se Komitee oor Openbare Ondernemings verskyn om die kwessie te verduidelik.

Die waarnemende woordvoerder vir die ANC-koukus, Nonceba Mhlauli sê hulle besef nie die omvang van die krisis waarin hulle Eskom gedompel het nie.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

The post “Heraanstelling van Molefe skep negatiewe beeld van ANC” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!