![MEISIE (13) ONTVOER, VERKRAG: 7 GEARRESTEER](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Handcuffs-24-150x150.jpg)
Die Adjunk-Minster van Korrektiewe Dienste, Thabang Makwetla, het ongedeerd ontsnap nadat hy gisteraand by ‘n hospitaal in Fourways, noord van Johannesburg, ontvoer is.
Die minister, wat alleen was in sy motor, is by die hospitaal gekaap waar hy die skrywer en veteraanaktivis, Wally Serote, besoek het. Makwetla is saam met twee veiligheidswagte ontvoer. Sy woordvoerder, Ntime Skhosana, sê die ontvoerders het klapmusse gedra.
Hulle het die adjunkminister se selfoon, bankkaarte en motor gevat en by verskeie OTMe gestop om geld uit die adjunkminister se rekenings te trek. Die drie ontvoerdes is daarna naby Brits in die bosse afgelaai.
The post Makwetla ongedeerd na ontvoering appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.