
Zimbabwe se voormalige adjunk-president, Joice Mujuru, het president Robert Mugabe glo daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir al die probleme wat tans deur dié land in die gesig gestaar word.
Volgens die koerant, The Standard, het Mujuru, wat nou die leier van die opposisie National People’s Party is, gesê Mugabe se ondiplomatiese woede-uitbarstings teenoor ander wêreldleiers het veroorsaak dat dié land van die res van die wêreld afgesonder is.
Mujuru sê die grootste probleem in Zimbabwe is dat daar ‘n leierskap-bankrotskap ondervind word.
The post “Mugabe is verantwoordelik vir land se probleme” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.