
President Jacob Zuma se aansoek om te mag appelleer teen die onlangse hofbevel dat hy die redes en rekord vir sy besluite oor sy kabinetskommeling aan die DA moet verskaf, sal volgende Maandag in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.
Netwerk24 berig dat regter Bashier Vally, wat vroeër die maand dié bevel teen Zuma gegee het, die verlof tot appèl sal aanhoor.
Die DA wil die redes en rekord van Zuma se besluit hê omdat die party dit wil gebruik vir sy hersienings-hofaansoek om die afdanking van die minister van Finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, tersyde te laat stel.
The post Kabinetskommeling: Zuma se aansoek sal aangehoor word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.