
Die ANC in Gauteng sê hy stem saam met die besluit van die party se nasionale leierskap om te eis dat Brian Molefe as uitvoerende hoof van Eskom verwyder word.
Die ANC se provinsiale sekretaris, Hope Papo, sê sulke soort besluite soos Molefe se heraanstelling, skep probleme vir die personeel en bestuur van staatsbeheerde instansies.
Molefe het verlede jaar by Eskom bedank nadat hy in die staatskaping-verslag van die voormalige Openbare Beskermer, geïmpliseer is.
Intussen sê die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty hy gaan ‘n onafhanklike geregtelike kommissie van ondersoek op die been bring om na ‘n aantal sleutel-kwessies, insluitend Eskom, te kyk.
Die party wil hê dat staatskaping, die ontbinding van Eskom se raad en die heraanstelling van Molefe ondersoek word.
Die hoofsekretaris van die SAKP, Blade Nzimande, het Vrydag gesê Molefe se terugkeer is absurd en pervers en dat die ANC die prys daarvoor sal betaal.
The post ANC in Gauteng teen Molefe se heraanstelling appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.