
Elf mense is vanoggend beseer in ’n ontploffing by ’n fabriek in Sasolburg in die Vrystaat.
ER24-woordvoerder Russel Meiring sê een man het matige beserings opgedoen en die ander is net lig beseer.
Hulle is op die toneel behandel en daarna na ’n mediese sentrum geneem.
Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.
The post Sasolburg: 11 beseer in ontploffing appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.