Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Malvalekker-bederfkoek

$
0
0

Maak: 30 gewone blokkies (of omtrent 15 hartjies, na gelang van die hartvorm se grootte)
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Dis belangrik om die beslag te klits totdat dit baie dik is – dit sal verseker dat die malvalekkers behoorlik stol. Lees ook ons wenke onder voordat jy wegtrek.

Jy benodig:

600ml (500g) strooisuiker 15ml vloeibare glukose
380ml water
30ml gelatien
2 eierwitte
5ml rooswater
’n paar druppels rooi koskleursel (opsioneel)
125ml (80g) versiersuiker
125ml (70g) mielieblom

Metode

1. Gooi die strooisuiker, glukose en 190 ml van die water in ’n swaarboomkastrol. Gooi die ander 190 ml water by die gelatien in ’n klein hittebestande bakkie en laat dit vir omtrent 10 minute staan. Sit dan die bak met gelatien in ’n kastrolletjie met kookwater en roer dit tot die gelatien loperig is.
2. Roer die suikermengsel oor lae hitte totdat al die suiker opgelos het. Verhit dit dan tot kookpunt en kook die stroop – sonder om dit te roer – tot die hardebalstadium (120 oC op ’n suikertermometer). Gooi die opgeloste gelatien by die suikerstroop, maar wees versigtig, want dit sal sis en spat.
3. Gebruik ’n elektriese klitser en klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Gooi dan die stroop baie stadig by die eierwitte terwyl jy die mengsel aanhoudend klits.
4. Gooi die rooswater en kleursel by en klits dit totdat die mengsel dik is en sy vorm behou. Meng die versiersuiker en mielieblom en strooi dit in ’n houer van 20 x 30 x 3cm. Giet die malvalekkermengsel daarin, maak die bokant glad en laat staan dit vir twee uur. Hou die ekstra versiersuikermengsel vir die uitkeerslag.
5. Strooi die orige versiersuikermengsel op ’n werkoppervlak en keer die gestolde malvalekkermengsel daarop uit. Sny dit in vormpies of blokkies en rol dit in die orige versiersuikermengsel. Laat die malvalekkers vir ’n uur staan om droog te word voordat jy dit bedien. Dit sal vir tot ’n week hou in ’n lugdigte houer.
Wenke
• Gebruik altyd ’n swaar- boomkastol vir die suiker- stroop. Dit kan hoë hitte weerstaan en versprei die hitte eweredig.
• Wees baie versigtig as jy enige warm stroop hanteer. Dit kan baie ernstige brand- wonde veroorsaak.

Bron: Suidwesters Maak Kos

The post Malvalekker-bederfkoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!