![2 kinders dood in hul bed gevind](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Police_badge-37-150x150.jpg)
Die polisie soek na ‘n vrou nadat haar twee kinders – ‘n sewejarige seun en ‘n tweejarige meisie – gisteroggend dood gevind is in hul bed in hul ma se huis in Temba naby Pretoria.
Die kinders was sedert Donderdag in hul ma se sorg nadat sy hulle vir die naweek by hul onderskeie oumas in Eersterust gaan haal het.
Polisiewoordvoerder, kaptein Samuel Sebola, sê die pa het sy kinders in die bed onder ’n kombers dood gevind en die oorsaak van hul dood is nog onbekend.
The post 2 kinders dood in hul bed gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.