![Ineenstorting van kenmerk op Everest](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-17-150x150.jpg)
‘n Belangrike kenmerk van Berg Everest het ineengestort wat die gevaar laat
toeneem vir klimmers op die wêreld se hoogste bergspits.
Kenners sê die ineenstorting van Hillary Step kan moontlik die gevolg wees van ‘n aardbewing wat Nepal in 2015 geruk het.
Hillary Step wat na die Nieu-Seelandse avonturier, Edmund Hillary vernoem is, was die laaste groot uitdaging voor die tog na die boonste piek.
Hillary het in 1953 die eerste mens geword wat Berg Everest uitgeklim het.
Die Britse bergklimmer, Tim Mosedale het die ontdekking oor Hillary Step gemaak toe hy onlangs die piek bereik het.
Mosedale sê dit is ‘n groot jammerte dat ‘n geskiedkundige gedeelte van Everest nou verlore is.
The post Ineenstorting van kenmerk op Everest appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.