![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-15-150x150.jpg)
Die DA gaan die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, vra om bewerings te
ondersoek dat `n vriend van President Jacob Zuma ‘n voorskot van miljoene rande gekry het.
Die party wil ‘n verduideliking van die minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, hê oor waarom Philani Mavundla na bewering R81 miljoen voorskot gekry het vir sy tender om suur mynwater te dreineer.
Die party gee toe dat bemagtigingskontrakteurs soms voorskotte kry, maar glo nie dat dit met die welgestelde Mavundla moes gebeur nie.
Mavundla is volgens berigte deel van ‘n gesamentlike onderneming wat `n kontrak van R1 miljard gekry het om ‘n aanleg vir suur mynwater in Springs te bou.
Die voorskot is betaal voordat enigiets by die aanleg gedoen is.
Dit is strydig met die bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
The post “Ondersoek vriend van Zuma” – DA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.