Ses mans wat aangekeer is vir die moord op ‘n boer van Sannieshof sal vandag in Delareyville se landdroshof verskyn. BC Greyling is in sy huis doodgeskiet en sy vrou, Marlette is gewond in die voorval.
Die verdagtes het drie selfone gesteel en met die gesin se bakkie weggejaag. Die bakkie is later naby Ottosdal gevind. Die polisie het later ook die selfone terug gevind.
The post Ses in hof oor Sannieshof-moord appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.