![Boer, seun (14) sterf toe helikopter neerstort](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-10-150x150.jpg)
Die gemeenskap van Vrede en Cornelia in die Vrystaat is in rou gedompel na afloop van ‘n helikopter-ongeluk Vrydag waarin ‘n boer en jong seun dood is.
Netwerk24 berig Douw Wentzel sr. , ’n bekende megaboer van die Cornelia-distrik, en sy vriend Louw Deale se seun André, ’n leerling aan die Hoërskool Vrede, is op pad van die Nampo-oesdag op Bothaville dood toe die helikopter neergestort het.
Deale sr. , wat die ongeluk oorleef het, is steeds in ’n stabiele toestand in die Netcare Union-hospitaal in Alberton, terwyl Douw Wentzel jr. se toestand stabiel is. Hy word in die hoësorgeenheid van dieselfde hospitaal verpleeg.
The post Boer, seun sterf in heli-ongeluk appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.