![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-8-150x150.jpg)
Swede het sy ondersoek na die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, laat vaar.
Dié Australiër het in Junie 2012 in die ambassade van Ecuador in Londen ambassade skuiling gesoek nadat Sweedse staatsaanklaers ’n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik het ná bewerings dat hy twee vroue verkrag en seksueel aangerand het toe hy hulle in 2010 tydens ’n besoek aan Swede ontmoet het.
Volgens die BBC kan Assange in Amerika vervolg word weens honderde duisende geheime militêre en diplomatieke dokumente wat hy laat uitlek het.
The post Ondersoek na WikiLeaks-stigter laat vaar appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.