![GM: "Dit is 'n rimpel-effek van Zuma se kabitnetskommeling"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-4-150x150.jpg)
Die vakbond, Solidariteit, het sy misnoeë uitgespreek oor General Motors se aankondiging dat hy sy bedrywighede in Suid-Afrika gaan staak, aangesien sy vervaardiging in Suid-Afrika nie die opbrengste gaan bied wat GM benodig om sy globale strategieë en beleggings te ondersteun nie.
Die adjunk-hoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, Marius Croucamp, sê GM se onttrekking uit die Suid-Afrikaanse mark kom as ʼn rimpel-effek van president Jacob Zuma se ondeurdagte kabinetskommeling vroeër vanjaar.
Hy sê Solidariteit vrees ʼn uittog van nog ander groot maatskappye weens die swak politieke en ekonomiese beleid wat tans toegepas word.
The post GM: “Dit is ‘n rimpel-effek van Zuma se kabitnetskommeling” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.