![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/IMG-20170519-WA0004-3-150x150.jpg)
Die uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, sê indien droogtes onverpoos voortduur, kan al hoe meer boere die handdoek ingooi.
Hy het op die Nampo-oesdag op Bothaville gesê die droogte het ‘n ernstige impak gehad op die boerderygemeenskap, veral in die Vrystaat.
Vermeulen sê boere is bly oor die reën wat geval het en die huidige situasie, maar as gevolg van die droogte het hul finansiële posisie verswak.
Hy sê die regering se bystand aan boere het ook te laat gekom.
The post Droogte: “Boere se finansiële posisie het verswak” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.