Plaaslike sakelui het Vrydagaand as deel van Torings van Hoop se straatoorslaap-uitreikprogram, strate van Bloemfontein skoongemaak.
Die STRE37–inisiatief deur Brand New SA in die Rosestad het hande gevat met Torings van Hoop om die strate van Bloemfontein netjies te maak.
“Die middestad, met sy historiese geboue, het ‘n unieke karakter wat ons nie kan verloor nie.”
Hein du Plessis (eienaar) en die hele Brand New SA-span het saam met Henry Roux (Imperial GM in Bloemfontein) en Pieter van Rooyen (algemene bestuurder van BON-Hotel) deurnag gehelp om lamppale in die stad, waarop vulgêre plakkate aangebring is, skoon te maak.
Spesiale hoë-druk waterspuite is gebruik om die plakkate af te spuit.
Kinders wat op straat woon, is ook van handgemaakte slaapsakke voorsien.
Vrywilligers wat aan die projek deelneem, word as’t ware eerstehands aan haweloses in die middestad se omstandighede blootgestel.
Du Plessis sê 37 is ‘n merkwaardige getal, aangesien die mens se liggaam optimaal funskioneer teen 37ºC. Toevallig is die Tweetoring-kerk, vanwaar Ds. De la Harpe Le Roux Torings van Hoop bestuur, se adres ook Henrystraat 37.
“Brand New het by die inisiatief betrokke geraak om Torings van Hoop te help om Bloemfontein se sentrale besigheidsdistrik skoon en veilig te hou,” sê Du Plessis.
“Die middestad, met sy historiese geboue, het ‘n unieke karakter wat ons nie kan verloor nie.”
Besighede of vrywilligers wat aan toekomende Torings van Hoop-projekte wil deelneem, kan vir Ds Le Roux skakel by 082 232 1051 skakel.
The post KYK: Sakelui spuit strate skoon appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.