!["Withemde" ontvang toelae vir "gevaarlike werkstoestande"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-3-150x150.jpg)
Die EFF het teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete,
uitgevaar omdat die parlementêre uitsmyters, bekend as die withemde, ’n
bykomende maandelikse toelaag van R400 vir gevaarlike werkstoestande gaan ontvang.
EFF-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, sê in ‘n verklaring die party is gekant teen die eenheid wie se werk dit is om LP’s te verwyder, aangesien parlementslede ingevolge die Grondwet vryheid van spraak in die Nasionale Vergadering en die komitees geniet.
Hy sê deur mense te betaal om LP’s te verwyder oor goed wat hulle gesê het en dit gevaarlike werk te noem, word vrees geskep, en kan spraak nie meer in die parlement as vry beskou word nie.
The post “Withemde” ontvang toelae vir “gevaarlike werkstoestande” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.