![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Kettingbotsing-eis-twee-lewens-Kestell-150x150.jpg)
Twee mense is dood in ‘n kettingbotsing naby Kestell in die oos-Vrystaat. Drie motors en ‘n vragmotor was in die ongeluk betrokke.
Netcare 911 sê met hul aankoms op die ongelukstoneel was die beseerdes in die wrakke vasgekeer.
Die twee mense is op die toneel dood, terwyl nog ‘n persoon in ‘n kritieke toestand is.
Drie ander is lig beseer.
In Limpopo is een persoon dood en 16 beseer in ‘n minibus-ongeluk op die R-71in Magoebaskloof .
‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak, sê die minibus het omgeslaan.
Die beseerdes is met ligte beserings in die hospitaal opgeneem.
The post Kettingsbotsing eis twee lewens (Kestell) appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.