![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Rosestad-Wen-Goud-by-Bloemskou-150x150.jpg)
Radio Rosestad het die goue toekenning gewen vir die mees oorspronklike uitstalling tydens vanjaar se Bloemskou.
Die toekenning is vanoggend aan 100.6FM oorhandig.
Johan Gunter, bemarkingsbestuurder, sê Rosestad is opgewonde oor die toekenning en wag gretig op die uitslae van nog kategoriekompetisies wat Dinsdag bekend gemaak sal word.
Besoekers aan die Bloemskou kan Rosestad se uitsaai-ateljee besoek agter die hoofarena gedurende die verloop van die skou.
The post Rosestad wen goud by Bloemskou appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.