![Rosestad 100.6 Nuus Dick Osbourne Tweespruit plaasaanval](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Dick-Osbourne-Tweespruit-plaasaanval-150x150.jpg)
Die 67-jarige Dick Osbourne van die plaas Jevington buite Tweespruit in die Vrystaat is ‘n rukkie gelede by die Medi Clinic Bloemfontein geopereer nadat een van sy longe deur ‘n aanvaller raakgesteek is.
Sy toestand is as stabiel beskryf, maar het erge pyn weens die wonde .
Osbourne is in die omgewing van 07:00 (Saterdag) by sy huis aangeval waar hy glo verskeie kere met ‘n skerpgemaakte lem gesteek is.
“Die aanvaller het hom in sy studeerkamer ingewag.”
Vroeër is berig dat die aanvaller ‘n visvang-harpoen gebruik het om Osbourne aan te val. Die harpoen is egter gebruik om Osbourne se hond, Jack, aan te val.
Die polisie soek na jongerige man in verband met die aanval.
Rosestad Nuus het verneem dat die man Osbourne in sy huis ingewag het. Osbourne se hond het geblaf, waarop hy gaan ondersoek instel het. Die aanvaller het hom in sy studeerkamer ingewag. Hy het Osbourne verskeie kere met die lem gesteek.
Die aanvaller het met Osbourne se bakkie gevlug, maar beheer oor die vertuig verloor en teen ‘n boom tot stilstand gekom, waarna hy gevlug het.
Jack is na ‘n plaaslike veearts geneem en sterk glo goed aan.
Die polisie se honde-eenheid is ‘n rukkie gelede nog op die toneel om die aanvaller se spoor te soek. Die ondersoek duur voort
Die aanval op Osbourne is die derde aanval op plase in die Vrystaat in agt dae.
The post Osbourne ‘stabiel’ na aanval op sy plaas appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.