
In die derde plaasaanval in agt dae in die Vrystaat is Dick Osbourne op sy plaas buite Tweespruit erg aangerand.
Die aanval het Saterdagoggend omstreeks 07:00 plaasgevind. Hy is glo verskeie kere met ‘n harpoen gesteek.
Osbourne is na die Bloemfontein Mediclinic gehaas waar hy tans behandeling ontvang.
Rosestad Nuus het verneem dat hy verskeie steekwonde en inwendige bloeding opgedoen het.
Sover bekend was een aanvaller betrokke.
Die aanval op Osbourne volg op twee ander aanvalle in net meer as ‘n week waarin ‘n boer, Pieter Johannes van der Berg en sy werker, Elizabeth Matsabisa, verlede Donderdag vermoor is.
Op dieselfde dag is nog ’n boer, Dirk du Rand, op sy plaas Elim buite Ladybrand vermoor. Hy is met ’n skerp voorwerp gesteek en sy keel is oopgesny.
The post Derde plaasaanval in agt dae appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.