
Nog twee verdagtes is in hegtenins geneem in verband met die moord op Pieter Johannes van den Berg en sy werker op sy plaas in Wepener verlede week.
Rosestad Nuus het vertroulik verneem dat die gemeenskap in die woonbuurt Kanana buite die dorp die twee mans Dinsdagaand aan die owerhede oorhandig het.
Dit is onseker wanneer hulle in die hof sal verskyn.
Drie verdagtes in verband met die moord op Van den Bergh en sy werker, Tsietso Elizabeth Matsabisa, het reeds Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die saak is tot 2 Mei uitgestel.
Hulle sal tot dan in aanhouding bly.
The post Wepener: Nog twee vas na plaasmoorde appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.