Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

El Nino ‘steeds op die horison’

$
0
0

Vroeëre tekens van die waarskynlikheid van ’n El Nino stelsel wat ontwikkel is steeds op die horizon.

Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou sê hoewel produksie toestande oor dele van die land verbeter het met rekord graan oeste en baie goeie weidingstoestande, is daar steeds ’n skaduwee van El Nino wat van die middel van die winter en tydens die somer van 2017/18 kan ontwikkel.

Meer sekerheid oor die stelsel sal egter gekry word na gelang van ontwikkelinge in die volgende drie tot vyf maande.”

“Dit is tans te vroeg om ’n aanduiding te gee van die situasie in die Indiese Oseaan vir volgende somer.”

Van den Berg sê tot 60mm reën het in die eerste week van April oor dele van Suid-Afrika voorgekom. Daar bestaan ’n moontlikheid van reën in die eerste week van Mei in die suidelike en oostelike dele van die land.

Hy lys die volgende as moontlike implikasies wees as die scenario van die El Nino stelsel wat tans gesien kan word sou realiseer in 2017/18:

• Verhoogde kanse vir reën in die Wes-Kaap teen die middel van die winter, maar die tyd hieraan verbonde is baie onseker weens die onsekerheid van die tyd wat die verwagte El Nino sou begin (Julie/Augustus). Kanse vir reën in die eerste deel van die winter is beperk en dit kan die huidige droogte toestande vererger.

• Kanse vir reën in die mid-somer vir die somer reënval streek is laag, veral in die sentrale en westelike dele.

• Oordragvlakke van grondwater van die huidige seisoen na die volgende seisoen kan relatief laag wees. Dit sal egter beter wees in vergelyking met die 2015/16 seisoen.

• Dit is tans te vroeg om ’n aanduiding te gee van die situasie in die Indiese Oseaan vir volgende somer.

• Tans is dit onseker wat droëland toestande vir koring in die Wes-Kaap en Vrystaat gaan wees.

Lees die volledige verslag hier

Vrystaat Landbou Nuusflitse

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

The post El Nino ‘steeds op die horison’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!