
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n onbekende twaalfjarige seun by Coligny in Noordwes.
Die seun se dood het vermoedelik aanleiding gegee tot die geweld die afgelope dae in die gebied waartydens geboue, voertuie en huise aan die brand gesteek en winkels geplunder is.
Volgens onbevestigde berigte het die tienerseun van ‘n bewegende voertuig gespring.
Gewapende boere het gister die hoofingange na Coligny in Noordwes beveilig nadat betogers winkels geplunder en verskeie huise, kantore en voertuie aan die brand gesteek het.
Die betogers, wat sedert Maandag betoog, is woedend oor die dood van ’n kind en beweer dat ‘n plaaslike boer vir die seun se dood verantwoordelik is.
Op Lichtenburg is 21 mense sedert verlede Vrydag weens openbare geweld gearresteer nadat inwoners van die swart woonbuurt oor swak dienslewering betoog het.
Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, het intussen ’n taakspan aangewys om die geweld op Lichtenburg en Coligny te ondersoek.
The post Coligny: twee vas na dood van tienerseun appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.