
‘Ek gee om.’
Dit is wat jy vir jouself kan sê wanneer jy vanjaar deelneem aan die Engo Vir ons Kinders-projek, waarin een gelukkige persoon kan wegstap met ‘n Chev Spark 14l bakkie.
Radio Rosestad is trots om vanjaar weer hande te vat met die mede-borge van Vir ons Kinders, Imperial GM Bloemfontein en Volksblad Sentrale Plaaslike Koerante.
Vanjaar se projek is Maandagoggend deur Engo se Direkteur, De Wet Claassens by Ons Kinderhuis in Bloemfontein geloods.
Die projek is ‘n provinsiale fondsinsamelingsprojek waarby al die subprogramme van Engo regoor die Vrystaat geleentheid kry om fondse vir hul spesifieke subprogram in te samel. Hierdie afdelings is soos vlg:
• Engo Kinder- en Jeugsorg – daar is 34 Jeugsorgsentrums in
die Vrystaat wat omsien na ongeveer 800 kinders per jaar;
• Engo Bejaardesorg – daar is 24 Sentrums vir bejaardes in die
Vrystaat;
• Engo Gesinsorg – daar is 11 Kantore wat dienste lewer ;
• Engo Gestremdesorg en
• Engo Aannemingsdienste.
Kaartjies sal beskikbaar wees by al die subprogramme van Engo. Plakkate sal by alle subprogramme opgesit word en telefoonnommers van die betrokke subprogramme sal op die plakkate aangebring word.
The post #EkgeeOm: Vir Ons Kinders 2017 skop af appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.