Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Boere moet hulself weerbaar maak – VF+

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Plaasmoorde slagtings raak almal Jan van Niekerk

Die VF Plus doen opnuut  ʼn beroep op landbouers om sekuriteitsmaatreëls in plek te stel, by veiligheidsnetwerke in te skakel en hulself en hul werkers weerbaar te maak.

Die VF Plus het ook sy afgryse uitgespreek met die drie moorde wat op Donderdag 20 April 2017 op plase in die Wepener- en Ladybrand-distrikte gepleeg is.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê dit is duidelik dat boere en plaaswerkers sagte teikens vir misdadigers is en dat hierdie kriminele geen respek vir lewe het nie.

“Die Landelike Beveiligingsplan van die regering faal en laat die landbougemeenskap weerloos,” sê Van Niekerk

“Die regering sal ernstig moet besin oor landelike beveiliging en hierdie tipe misdade as prioriteit verklaar.”

Hy het namens die VF Plus medelye met die families van die slagoffers betoon en ʼn ernstige beroep op die polisie gedoen om alles in hul mag te doen om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

The post Boere moet hulself weerbaar maak – VF+ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!