![235 dood op paaie tydens Paasnaweek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/61db5daa9dda1e17a2a2a88627e14707-150x150.jpg)
Die minister van Vervoer, Joe Maswanganyi, sê minstens 235 mense het die afgelope Paasnaweek op die land se paaie gesterf.
Dit is 51% meer as verlede jaar se 156.
Hy het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê in al die provinsies, behalwe die Vrystaat, het die dodetal op paaie gestyg.
Die grootste noodlottige ongelukke het in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal voorgekom.
The post 235 dood op paaie tydens Paasnaweek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.