![BEF dien klagte in teen SA banke](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Money_1-8-150x150.jpg)
Die burgerlike groep, die Black Empowerment Foundation of die BEF het
strafregtelike klagte ingedien teen die Suid-Afrikaanse banke wat saam gespan het om die rand te manipuleer.
Die klagte is by die Punt-polisiekantoor in Durban aanhangig gemaak.
Die Mededingingskommissie het 17 banke, waaronder vier groot plaaslike banke skuldig bevind.
Die BEF beskuldig ook die banke daarvan dat hulle hoër bankkoste hef.
President Jacob Zuma se seun, Edward Zuma, wat ook ‘n lid van die BEF is, sê hy ondersteun die stappe wat teen die banke geneem is.
The post BEF dien klagte in teen SA banke appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.