![Magnaat sterf 2 maande na aanval](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-179-150x150.png)
Die eiendomsmagnaat, Cosmas Cavaleros, is oorlede — byna twee maande
nadat hy op die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria
aangeval is.
Maroela Media berig dat Cavaleros en ʼn passasier op 26 Februarie vir ʼn parkeerkaartjie gewag het toe drie mans hul na bewering genader en vuurwapens op hulle gerig het.
Cavaleros het deur die valhek teen ʼn muur vasgejaag en is in ʼn bedenklike toestand na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas nadat hy glo ʼn hartaanval gekry het ná die aanval.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
The post Magnaat sterf 2 maande na aanval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.