![Groen krag vir Kaapstad](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-166-150x150.png)
Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het bekend gemaak dat die metro teen 2020 sowat 20% van sy energie van onafhanklike verskaffers sal kry.
De Lille het tydens ‘n gesprek oor klimaatsverandering in Kaapstad gesê die Metro het reeds kontrakte met 80 kommersiële en 200 residensiële kliënte onderteken wat oortollige groen krag tot die netwerk kan voeg.
Sy sê dit het baie energie geverg om die voormalige minister van energie, Tina Joemat-Pettersson sover te kry om na voorleggings te kyk.
The post Groen krag vir Kaapstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.