Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“SA beleef ‘n krisis”

$
0
0
"SA beleef 'n krisis"

Die sameroeper van die vakbondfederasie, Saftu, Zwelinzima Vavi sê
Suid-Afrika beleef ‘n politieke en ekonomiese krisis en dít is hoekom mense aan vandag se optog in Pretoria moet deelneem.

Vavi sê die kontrak tussen die ANC en die mense van die land het ontrafel.

Hy het deelgeneem aan ‘n paneelbespreking van openbare administrasie en bestuur in Pretoria.

Vavi sê president Jacob Zuma wil homself, sy familie en sy vriende verryk.

Die optog vandag in Pretoria na die unie-gebou behoort deur duisende mense meegemaak te word wat almal ten doel het om Zuma te dwing om as president van die land te bedank.

Die Nasionale Ekonmomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, het intussen met die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, vergader om maatreëls te bespreek wat ingestel sal word om ‘n verdere kredietafgradering te verhoed.

Dit volg op twee internasionale graderingsagentskappe se onlangse afgradering van Suid-Afrika se ekonomie na rommelstatus.

Ekonome het die afgraderings toegeskryf aan President Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling twee weke gelede waartydens Minister Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit die portefeulje van finansies verwyder is.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê Nedlac is daartoe verbind om die impak van die afgradering te beperk.

The post “SA beleef ‘n krisis” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!