![Fietsryers doodgery: Saak uitgestel](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-115-150x150.png)
Die saak van ‘n vermeende dronkryer wat verlede jaar twee fietsryers in
Durban raakgery en hulle dood veroorsaak het, is tot 4 Julie uitgestel.
Die beskuldigde, Omesh Ramnarain het vlugtig in die Durbanse streekhof verskyn.
Ramnarain staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag en ‘n aanklag van roekelose of nalatige bestuur.
Richard da Silva en Jared Dwyer het vroegoggend fiets gery toe hulle raakgery is.
Die voorval het tot landwye oproepe gelei vir meer bewusmaking rakende die veiligheid van fietsryers op die land se paaie.
The post Fietsryers doodgery: Saak uitgestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.