![Motoriste moet gereed wees vir 'n skok](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Vervoer-9-150x150.jpg)
Motoriste kan hulle in die lig van die swak rand-dollar wisselkoers en stygende ru-oliepryse gereedmaak vir ‘n yslike skok aanstaande maand.
Die olieprys het vir die sewende agtereenvolgende handelseisoen tot sy hoogste vlak in vyf weke gestyg.
Ru-olie het vanoggend vroeg teen net minder as 56 dollar ‘n vat verhandel.
Die styging is hoofsaaklik te wyte aan spanning oor Amerika se missielaanval op ‘n lugmagbasis in Sirië en die sluiting van die grootste olieveld in Libië.
The post Motoriste moet gereed wees vir ‘n skok appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.