![Busbestuurders dreig om landwyd te staak](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-106-150x150.png)
Die vakbond – Numsa – het ‘n beroep op die departement van vervoer gedoen om in te gryp in die dreigende staking deur busbestuurders landwyd.
Die staking kan duisende mense raak wat na bestemmings vir die Paasnaweek moet reis.
Numsa wat onder meer ‘n salarisverhoging van 15% eis, het vroeër ‘n kennisgewing van sy voorneme om te staak aan die werkgewers oorhandig.
Die Stad Kaapstad het intussen aangekondig dat die MyCiti-busdiens van môreoggend af opgeskort word weens die dreigende landwye staking deur busbestuurders.
Die metro het pendelaars gevra om alternatiewe reisreëlings tot verdere kennisgewing te tref.
The post Busbestuurders dreig om landwyd te staak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.