!["Guptas mag militêre voertuig besit"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-99-150x150.png)
Die militêre kenner, Helmoed Heitman sê dit is nie onwettig vir die
Gupta-familie om ‘n militêre voertuig te besit nie.
Hy sê dit is moontlik vir privaat individue en organisasies om pantservoertuie te besit solank die voertuie nie met militêre wapens toegerus is nie.
‘n DA-parlementslid, Cobus Marais, het die voorsitter van die nasionale konvensionele wapenbeheerkomitee, minister Jeff Radebe, in ‘n skrywe gevra vir bevestiging of die Gupta-familie toestemming het om só ‘n voertuig te besit.
Heitman sê talle veiligheidsmaatskappye gebruik gepantserde voertuie soos byvoorbeeld Nyalas.
Hy sê in die geval van boere mag hulle ook sulke voertuie besit, maar dit mag nie met wapens toegerus wees nie.
The post “Guptas mag militêre voertuig besit” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.