!["Ek sal bedank" - Pulver](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-97-150x150.png)
Die uitvoerende hoof van die Australiese Rugby-unie, Bill Pulver, sê hy sal onmiddellik bedank indien die direksie voel dit sal in die beste belang van Australiese rugby wees.
Die voormalige Wallaby-afrigter, Bob Dwyer, het ’n beroep op Pulver en die unie se direksie gedoen om te bedank oor hul hantering van die proses wat aanleiding gegee het tot die herstrukturering van die Superrugby-reeks.
Australië moet sy vyf Superrugbyspanne tot vier verminder.
The post “Ek sal bedank” – Pulver appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.