Wantroue in staatsondernemings en vrees dat die tesourie se mag ondermyn gaan word, het die rand skerp laat verswak.
Die rand het gistermiddag binne 20 minute byna 20c teenoor die dollar, pond en euro verswak en toe selfs verder geval.
Die direkteur en hoofverhandelaar van TreasuryOne, Wichard Cilliers, het aan Netwerk24 gesê die markte het baie negatief gereageer op die nuus dat Futuregrowth Asset Management aangekondig het hy gaan nie meer geld aan ses van Suid-Afrika se grootste staatsinstellings leen nie.
Die rede daarvoor is omdat daar groot kommer heers oor binnegevegte in die regering en die bedreiging van die onafhanklikheid van die tesourie middein die Valke en Pravin Gordhansage.
Die rand verhandel tans teen R14,72 teenoor die dollar, R19,36 teenoor die pond en R16,48 teenoor die euro.
Goud verhandel teen 1,309 dollar per fyn ons en platinum teen 1,052.
Die jongste prys van Brent Noordseeolie is 46 dollar 97 sent per vat.
The post RAND VERSWAK SKERP appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.