Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

SEPTEMBER IS WEER GEE-OM-MAAND

$
0
0

September is die maand van gee en omgee by Radio Rosestad.

Die jaarlikse Radio Rosestad Gee-Projek skop vandag af en vanjaar se Gee-projek, waarin die gemeenskap die geleentheid het om aan dié wat behoeftig is te gee, sal op drie terreine plaasvind. Soos vorige jare, is jou bydrae vir Gee-Om waardevol, aangesien elke Rosestad-aanhanger kan gee, ongeag van die waarde daarvan.

Sedert die ontstaan van Gee-Om is meer as 2000 bejaardes bygestaan, meer as 500 gesinne van kospakkies voorsien, heelwat mediese behoeftes, aangespreek en behoeftige skole en kinders bygestaan met kos, uitstappies, klere en skoolfondse.

Straatmense is ook gevoed en klere en komberse is ingesamel, om van die aksies te noem.

In 2016 sal Gee-Om op die volgende gebiede hulp verleen:

Rosestad 100.6 Nuus Gee-Om ArkLaat vaar die Ark

Groot opgewondenheid heers reeds oor die Gee-Ark wat in Bloemfontein versprei gaan word. ‘n Duisend (1000) Gee-Arke sal eersdaags aan skole, besighede en die publiek uitgedeel word. Die Gee-Ark is ‘n spaarbussie wat as fondsinsamelingsinstrument sal dien , maar dit kan ook deur enige persoon geskenk word aan ‘n ander, wat dit op sy of haar beurt weer aan ‘n ander kan gee.

Op dié manier sal die Ark hopelik in sirkulasie bly en help waar nodig is.

Die Ark kan talle mense bereik solank die ontvanger die Gee-Ark verder sal laat vaar na ‘n volgende behoeftige persoon.

Sien video onder om te sien hoe die idee van die Ark werk.

Belangstellendes kan ook hulle arke hier bestel.

Rosestad 100.6 Nuus Gee-Om WONDERWERKERSKinderhuis-opknapping

Vanjaar sal behoeftige kinders aandag kry met die Kinderhuis-opknapping waarin dertien satelliet-huise van Engo in Bloemfontein reeds geïdentifiseer is. Dringende aandag is aan veral die instandhouding aan geboue nodig.

Die gedagte is om gedurende ‘n skoolvakansie die herstel-, verf- en opknappingswerk te doen, maar om ook vir die res van 2016 die kinders te ondersteun met kos en spesifieke behoeftes ook.

Vrywilligers van Gee-Om sal bekendstaan as Wonderwerkers om met die hulp van Tafelronde en ander organisasies op Saterdag 15 Oktober die kinderhuise te besoek en die behoeftes aanspreek.

Rosestad 100.6 Gee-Om 2016 God wonderwerkers

Die satelliet-huise wat geïdentifiseer is, is:

Deo Juvante – 12 kinders (Willows)
Huis van Omgee – 24 kinders (Bainsvlei)
Carpe Diem – 13 seuns (Universitas)
Bolokanang – 30 kinders (Diepfontein)
Amor – 12 dogters (Willows)
Gardenia – 10 kinders (Gardeniapark)
Gladstone – 13 kinders (Bayswater)
Tshepang – 13 kinders (Ferreira)
Esperanza – 12 kinders (Bainsvlei)

Hou rosestad.co.za of Facebook en Twitter dop vir meer oor elke huis se spesifieke behoeftes.

Bydraes deur besighede en die gemeenskap in dié verband is ook noodsaaklik om dié kinderhuise op te knap.   Maak gerus kontak indien jy op enige manier wil deel wees van die Wonderwerker-span.

Sien kontakbesonderhede aan einde van die berig.

Rosestad 100.6 Nuus Gee-Om Gee terugBOERE: Gee-Om, Gee-Terug

Gee-Om werk nou saam met Vrystaat Landbou om sosio-ekonomiese behoeftes van die provinsie se boere aan te spreek. Aangesien Vrystaat Landbou met voer en water kan help, sal Gee-Om die publiek vra om met kos, klere, vereffening van skoolfondse, mediese rekeninge, brandstof uitgawes en nog meer te help.

Behoeftes word deur verskeie Boereverenigings gëidentifiseer en aan Gee-Om deurgegee.

Streng oudit word gedoen deur 

Mazars

 ‘n Trustrekening is geskep wat bestuur word deur Mazars Audit Tax Advisory, wat ook die Volksblad Kersfonds en Engo se finansies oudit.  Hierdie fonds is daar om die projek lewensvatbaar te hou en luisteraars word voortdurend herinner dat hulle steeds ‘n finansiële bydrae kan maak deur ‘n inbetaling in die volgende bankrekening:

INVESTEC BANK
REKENING NAAM: GEE OM 1006
REKENING NOMMER: 50008324261 (SPAAR REKENING)
TAKKODE: 580105
VERWYSING: GEE OM 1006

Rosestad glo dat, hoewel die lys van behoeftes lank gaan wees, ons met hulp van God wonderwerke sal kan laat gebeur. Rosestad en Gee-Om nooi jou uit om deel te wees van hierdie projek .

Gee en Gee om.

Jaco de Wet
Projekleier – Gee Projek 2016.
083 391 0900
E-pos jaco@rosestad.co.za

Rosestad Gee Om header

Rosestad 100.6 Engo Vir Ons Kinders

The post SEPTEMBER IS WEER GEE-OM-MAAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!