!["Die departement gaan agteruit" - Davies](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-74-150x150.png)
Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, sê sy departement het miljarde rand in die land se tekstiel-, klere-, leer- en skoeiselsektore ingepomp om die broodnodige werksgeleenthede te behou.
Hy het in Durban gesê dié sektor gaan agteruit as gevolg van al die goedkoop klere en skoene wat ingevoer word.
Volgens Davies het sy departement R5 miljard beskikbaar gestel om die 82 000 bestaande werkgeleenthede, asook die skep van 9 000 nuwe werkgeleenthede in die bedryf, te bewerkstellig.
The post “Die departement gaan agteruit” – Davies appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.