![Kommer oor tekort aan groente, vrugte](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-71-150x150.png)
Daar heers groot kommer dat ’n groot tekort aan groente en vrugte in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap kan ontstaan indien deurdringende reën nie binnekort in die opvanggebied van die Kougadam val nie.
Volgens die voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging, Petrus du Preez, gaan duisende werksgeleenthede ook verlore gaan.
Hy sê die dam se vlak het al tot onder 27% gedaal en daar is nie baie hoop op goeie reënneerslae voor die winter nie.
The post Kommer oor tekort aan groente, vrugte appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.