Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Optogte teen Zuma: “Deelnemers sal ‘n les leer”

$
0
0
Optogte teen Zuma: "Deelnemers sal 'n les leer"

Die ANC-jeugliga in Limpopo het gedreig om president Jacob Zuma se presidentskap ten alle koste te verdedig.

Die liga het ook ‘n waarskuwing gerig aan mense wat dit oorweeg om aan môre se betoging vir die verwydering van Zuma as president deel te neem, en gesê hulle sal ’n les geleer word.

Volgens die liga is ‘n betoging teen Zuma dieselfde as ’n betoging teen die ANC, en sal dit nie geduld word nie.

‘n Hande-vashou betoging buite die Parlement gaan intussen vandag die eerste van verskeie veldtogte oor die volgende paar dae wees om teen Zuma protes aan te teken.

Kapenaars is van plan om ‘n menslike ketting vanaf die parlement tot by die St George’s-katedraal te vorm om ‘n beroep op Zuma te doen om te bedank om te verhoed dat verdere skade aan die land se ekonomie aangerig word.
Die betoging sal na verwagting om twaalfuur begin.

The post Optogte teen Zuma: “Deelnemers sal ‘n les leer” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!