![Debat oor mosie teen Zuma kry datum](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-62-150x150.png)
Die DA sê hy verwelkom die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka
Mbete, se besluit dat die debat oor die mosie van wantroue in president Jacob
Zuma op Dinsdag 18 April gevoer sal word.
Die hoofsweep van die DA, John Steenhuisen, sê die party is bly hul versoek is toegestaan.
Hy het ‘n beroep gedoen op elke LP van elke party om die mosie te ondersteun, omdat hulle ‘n eed geneem het om die Grondwet in stand te hou en te verdedig.
Partye wat dusver hul steun aan die DA toegesê het, is die EFF, die Vryheidsfront Plus, die UDM, Cope, die ACDP en die IVP.
Die leier van die African People’s Convention, Themba Godi, sê hy wil eers die inhoud van die mosie bestudeer voordat hy ‘n besluit neem.
Die PAC ondersteun egter nié die mosie nie.
The post Debat oor mosie teen Zuma kry datum appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.