![Chirurg doodgeskiet tydens inbraak](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-42-150x150.png)
Die hoof van neurochirurgie in die Kimberley-hospitaal is gisteroggend in sy
huis doodgeskiet.
Volgens die polisie se kolonel Mohale Ramatseba het die gesin geslaap toe gewapende mans by die huis ingekom het.
Hulle het die 53-jarige dr. M.N. Lateef se gesinslede vasgebind en hom doodgeskiet.
Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het sy skok oor die moord uitgespreek.
Die polisie volg tans alle moontlike leidrade op.
The post Chirurg doodgeskiet tydens inbraak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.